1. Van die oudste.Aan Gaius, my vriend, wat ek waarlik liefhet.
2. Liewe Gaius, ek hoop dat jy gesond is en dat dit in alle opsigte so goed gaan met jou as wat dit geestelik met jou gaan.
3. Ek was baie bly toe hier medegelowiges kom en van jou trou aan die waarheid vertel, hoe jy in die waarheid lewe.
4. Niks verskaf my groter vreugde nie as om te hoor dat my kinders in die waarheid lewe.