4. “Wat is aan die gang? Vertel my!” het Dawid aangedring.Hy het toe vertel dat die leër uit die geveg weggevlug het, dat 'n groot deel van die leër gesneuwel het, en dat Saul en sy seun Jonatan ook dood is.
5. “Hoe weet jy dat Saul en sy seun Jonatan dood is?” vra Dawid vir die jongman wat hom dit vertel het.
6. Hy het geantwoord: “Ek was heel toevallig op Gilboaberg. Daar merk ek toe dat Saul hom met sy spies om die lewe probeer bring, terwyl die Filistyne se strydwaens en hulle drywers kort op sy hakke was.
7. Saul het omgekyk en my gesien. Hy het my nader geroep en ek het gevra: ‘Wat kan ek vir u doen?’
8. Hy vra my toe: ‘Wie is jy?’ en ek antwoord: ‘'n Amalekiet.’
9. ‘Kom staan hier langs my en maak my dood,’ beveel hy, ‘want ek leef wel nog, maar my toestand is kritiek.’