2 Samuel 1:18-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

18. Hy het opdrag gegee dat hierdie booglied aan die inwoners van Juda geleer moet word. Die lied is ook opgeteken in die Boek van die Opregte.

19. “Jou trots, Israel —op jou hoogtes lê dit verslaan.Hoe het die helde geval!

20. Moet dit nie in Gat vertel nie;moet dit ook nie bekend maak in Askelon se strate nie,anders sal die Filistynse meisies bly weesen die dogters van die heidene jubel.

21. Gilboaberge! Offerland!Nóg dou, nóg reën vir julle!Waarlik, dáár is die heldeskild besoedel.Saul se skild — dit is nie met olie ingesmeer nie

22. maar met bloed van gesneuweldes,met vet van helde!Jonatan se boog — dit het pal gestaan.Saul se swaard — dit het sy werk goed gedoen.

2 Samuel 1