2 Kronieke 30:23-26 Afrikaans 1983 (AFR83)

23. Toe het die hele gemeente besluit om die fees met 'n week te verleng, en hulle het nog sewe dae met vreugde feesgevier.

24. Koning Hiskia van Juda het duisend jong bulle en sewe duisend stuks kleinvee tot beskikking van die gemeente gestel, en die amptenare het nog duisend jong bulle en tien duisend stuks kleinvee bygesit. 'n Groot aantal priesters het hulleself gereinig.

25. Daar was vreugde in die hele gemeente van Juda, onder die priesters en die Leviete, in die hele gemeente wat uit Israel gekom het, en ook onder die immigrante wat uit die land Israel gekom het en nou in Juda gewoon het.

26. In Jerusalem was daar groot vreugde, want so iets was daar nie in Jerusalem van die tyd van koning Salomo van Israel, seun van Dawid, af nie.

2 Kronieke 30