2 Kronieke 24:26-27 Afrikaans 1983 (AFR83)

26. Die manne wat teen hom saamgesweer het, was die Ammoniet Sabad seun van Simat en die Moabiet Josabad seun van Somer.

27. Die gegewens oor sy seuns, oor die grootte van die afkoopsom wat hy moes betaal, en oor die herbou van die tempel, is opgeneem in Die Kommentaar op die Boek van die Konings. Sy seun Amasia het hom as koning opgevolg.

2 Kronieke 24