2 Kronieke 23:19-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

19. Hy het ook wagte by die poorte van die huis van die Here geplaas sodat niemand kon inkom wat op die een of ander wyse onrein was nie.

20. Daarna het Jojada die bevelhebbers oor honderd, die hooggeplaastes, die hoë regeringsamptenare en al die burgers van die land met hom saamgeneem en die koning uit die huis van die Here gebring. Hulle het deur die Boonste Poort na die paleis toe gegaan, en daar het hulle die koning sy plek op die troon laat inneem.

21. Al die burgers van die land was bly. Die stad was rustig. Atalia was dood.

2 Kronieke 23