14. Die priester Jojada stuur toe die bevelhebbers oor honderd wat in beheer van die manskappe was, en sê vir hulle: “Bring haar uit die tempel uit! Elkeen wat agter haar aan gaan, moet doodgemaak word. Sy mag nie in die huis van die Here sterf nie.”
15. Hulle het haar gegryp en haar na die Perdepoort by die paleis gevat en haar daar doodgemaak.
16. Jojada het met die volk en die koning 'n verbond gemaak dat hulle 'n volk sal wees wat die Here dien.
17. Daarna het die hele volk na die Baälstempel toe gegaan en dit verwoes. Hulle het die altare en die beelde stukkend geslaan en vir Mattan, die Baälspriester, by die altare doodgeslaan.
18. Jojada het die toesig oor die huis van die Here weer toevertrou aan die priesters en die Leviete wat deur Dawid daarvoor aangewys is. Hulle moes die brandoffers vir die Here bring soos dit voorgeskryf is in die wet van Moses, met gejuig en met sang soos Dawid dit gereël het.
19. Hy het ook wagte by die poorte van die huis van die Here geplaas sodat niemand kon inkom wat op die een of ander wyse onrein was nie.