2 Kronieke 17:3-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Die Here was by Josafat, want hy het sy voorvader Dawid se vroeëre lewe nagevolg. Hy het nie die Baäls gedien nie,

4. maar die God van sy vader. Hy het die gebooie van God gehoorsaam en nie gemaak soos Israel nie.

5. Daarom het die Here Josafat se koningskap bevestig. Die hele Juda het vir Josafat geskenke gebring, en hy het ryk geword en groot aansien geniet.

2 Kronieke 17