2 Kronieke 14:2-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. Asa het gedoen wat goed en reg is in die oë van die Here sy God.

3. Hy het die altare van vreemde gode en die hoogtes laat verwoes, die klippilare laat stukkend slaan en die gewyde pale laat afkap.

4. Hy het bevel gegee dat Juda aan die Here, die God van hulle voorvaders, gehoorsaam moet wees deur sy wil te doen en sy gebooie na te kom.

2 Kronieke 14