2 Korintiërs 8:12-20 Afrikaans 1983 (AFR83)

12. As die goeie wil daar is en iemand gee volgens wat hy het, neem God die gawe aan. Hy verwag nie van hom wat hy nie het nie.

13. Ek bedoel nie dat julle gebrek moet ly om ander te kan help nie; maar sodat daar ewewig sal wees,

14. moet julle wat nou oorvloed het, dié help wat gebrek ly. Dan, as hulle weer oorvloed het en julle gebrek ly, kan hulle julle weer help. So kom daar ewewig.

15. Daar staan ook geskrywe:“Dié met baie, het nie te veel gehad nie, en dié met 'n bietjie,nie te min nie.”

16. Ons dank God dat Hy Titus net so ywerig gemaak het om julle te help as wat ons is.

17. Hy het nie net ons versoek verwelkom nie, maar in sy groot ywer ook uit eie beweging na julle toe vertrek.

18. Saam met hom stuur ons die broer wat in al die gemeentes geprys word vir sy bevordering van die evangelie.

19. Afgesien daarvan is die broer ook deur die gemeentes gekies om met ons saam te reis as ons die liefdeswerk uitvoer wat ons onderneem het. Ons doen dit tot eer van die Here en as teken van ons hulpvaardigheid.

20. Op hierdie manier voorkom ons dat enigiemand ons dalk sou verdink in verband met so 'n groot som geld wat ons moet wegbring.

2 Korintiërs 8