6. Ons is ook gereed om met elke ongehoorsaamheid af te reken sodra julle eie gehoorsaamheid volkome is.
7. Julle kyk net na een kant van die saak. As iemand dan so vas oortuig is dat hy aan Christus behoort, moet hy onthou: ons behoort net soos hy ook aan Christus.
8. Al het ek my miskien 'n bietjie te veel beroem op daardie bevoegdhede wat die Here my gegee het, sal ek nie beskaamd daarvan afkom nie. Die Here het aan ons die bevoegdheid gegee om julle op te bou, nie om julle af te breek nie.
9. Daarom wil ek nie die skyn wek dat ek julle met my briewe probeer bang maak nie.
10. Daar word mos gesê: “Sy briewe is wel ernstig en streng, maar as hy self by ons is, is hy mak en beteken sy woorde niks.”
11. Die man wat so praat, moet weet dat daar geen verskil is tussen wat ons in briewe skrywe as ons van julle af weg is, en wat ons doen as ons by julle is nie.