26. Hulle inwoners was magteloos,verskrik en sonder raad,soos veldplante, soos groen gras,soos gras op 'n huis se dak:dit verskroei voor dit behoorlik staan.
27. Of jy sit of gaan of kom, Ek weet dit,Ek weet hoe jy teen My te kere gegaan het.
28. Omdat jy dit gedoen het,omdat Ek jou verwaande woorde moes aanhoor,sit Ek 'n haak deur jou neusen 'n stang tussen jou tandeen lei Ek jou terug op die padwaarmee jy gekom het.
29. “Vir jou, Hiskia, gee Ek die volgende teken: vanjaar sal julle die opslag eet en volgende jaar wat dan opslaan, maar in die jaar daarna sal julle saai en oes, wingerde plant en druiwe eet.