3. As iemand 'n ander leer verkondig en nie hou by die gesonde woorde van ons Here Jesus Christus en by die leer van ons godsdiens nie,
4. is hy verwaand en weet hy niks. Hy het 'n sieklike beheptheid met twisvrae en met stryery oor woorde. Daaruit ontstaan afguns, twis, beledigings, gemene verdagmakery,
5. voortdurende rusie van mense wat verstandelik verward en van die waarheid beroof is. Hulle dink dat die godsdiens iets is om geldelike wins mee te maak.
6. Die godsdiens is 'n groot wins as iemand tevrede is met wat hy het,
7. want ons het niks in die wêreld ingebring nie; ons kan ook niks daaruit wegneem nie.