1 Tessalonisense 3:8-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Omdat julle vas staan in die Here, leef ons nou weer werklik.

9. Hoe kan ons na behore aan ons God die dank bring vir al die blydskap wat ons voor Hom oor julle het?

10. Dag en nag bid ons met ons hele hart om julle weer persoonlik te mag sien en om aan te vul wat nog aan julle geloof ontbreek.

11. Mag God ons Vader self en ons Here Jesus ons pad na julle toe oopmaak!

12. En mag die Here julle liefde vir mekaar en vir alle mense laat groei en oorvloedig maak, net soos ons liefde vir julle.

13. So sal Hy julle innerlik sterk maak dat julle onberispelik en heilig voor God ons Vader sal staan wanneer ons Here Jesus kom saam met al sy heilige engele. Amen.

1 Tessalonisense 3