6. Nou is Timoteus van julle af terug by ons, en hy het ons die goeie nuus gebring van julle geloof en liefde. Hy het ons vertel dat julle nog altyd die aangenaamste herinneringe aan ons het en dat julle net so na ons verlang as ons na julle.
7. Daarom, broers, het ons in al ons nood en swaarkry weer moed geskep vir julle omdat julle nog glo.
8. Omdat julle vas staan in die Here, leef ons nou weer werklik.
9. Hoe kan ons na behore aan ons God die dank bring vir al die blydskap wat ons voor Hom oor julle het?
10. Dag en nag bid ons met ons hele hart om julle weer persoonlik te mag sien en om aan te vul wat nog aan julle geloof ontbreek.
11. Mag God ons Vader self en ons Here Jesus ons pad na julle toe oopmaak!