14. Eli het die gekerm gehoor en gesê: “Wat skreeu die mense so?”Die man het gou vir Eli kom vertel.
15. Eli was toe ag en negentig jaar. Sy oë was star, en hy kon nie meer goed sien nie.
16. Die man het vir Eli gesê: “Ek kom van die slagveld af. Ja, ek het vandag van die slagveld af gevlug.”En Eli vra: “My seun, wat het gebeur?”
17. Die boodskapper antwoord toe: “Israel het gevlug voor die Filistyne, die volk het swaar verliese gely, selfs u twee seuns Hofni en Pinehas is dood; en die ark van God is ook gevat.”
18. Toe hy praat van die ark van God, het Eli daar by die poort van sy stoel af agteroor geval. Hy het sy nek gebreek en gesterf, want hy was oud en swaar.Hy was veertig jaar 'n leier in Israel.