1 Kronieke 6:77-81 Afrikaans 1983 (AFR83)

77. Die oorblywende Merariërs het in die stamgebied van Sebulon gekry: Rimmon met sy weivelde en Tabor met syne;

78. teenoor Jerigo, oos van die Jordaan, in die stamgebied van Ruben: Beser in die droëveld, Jahas,

79. Kedemot en Mefaät, elkeen met sy weivelde;

80. in die stamgebied van Gad: Ramot in Gilead, Maganajim,

81. Gesbon en Jaser, elkeen met sy weivelde.

1 Kronieke 6