1 Kronieke 6:32-42 Afrikaans 1983 (AFR83)

32. Hulle het ook gesorg vir die sang voor die heiligdom, die tent van ontmoeting, totdat Salomo die huis van die Here in Jerusalem gebou het. Hulle het hulle dienste verrig volgens 'n vaste reëling.

33. Die volgende manne het die diens verrig saam met hulle seuns: van die Kehatgroep was daar Heman die tempelsanger, seun van Joël seun van Samuel,

34. wie se geslag teruggaan oor Elkana, Jerogam, Eliël, Togu,

35. Suf, Elkana, Magat, Amasai,

36. Elkana, Joël, Asarja, Sefanja,

37. Tagat, Assir, Abiasaf, Korag,

38. Jishar en Kehat tot by Levi seun van Israel.

39. Heman se ampsgenoot Asaf het regs van hom gestaan. Asaf se geslag het teruggegaan tot by Levi oor Berekja, Sima,

40. Migael, Maäseja, Malkija,

41. Etni, Serag, Adaja,

42. Etan, Simma, Simi,

1 Kronieke 6