8. en Bela seun van Asas, seun van Sema, seun van Joël. Hulle het gewoon in Aroër en tot by Nebo en Baäl-Meon.
9. Na die oostekant toe het hulle gewoon tot teen die woestyn aan die Eufraatrivier, want hulle vee het baie geword in Gilead.
10. In Saul se tyd het hulle 'n aanval gemaak op die Hagareërs, hulle verslaan en in hulle nedersettings gaan woon in die hele oostelike deel van Gilead.
11. Teenoor die Rubeniete het die Gadiete in Basan gewoon, tot by Salka.
12. Joël was die hoof en Safam die tweede in rang. Verder was daar in Basan ook nog Janai en Safat.
13. Hulle stamgenote volgens hulle families was Migael, Mesullam, Seba, Jorai, Jakan, Sia en Eber, sewe altesaam.
14. Dié was afstammelinge van Abigajil seun van Guri, seun van Jaroag, seun van Gilead, seun van Migael, seun van Jesisai, seun van Jagdo, seun van Bus.
15. Agi seun van Abdiël, seun van Guni, was hulle familiehoof.