3. Hy was uit die Peresgroep en was gedurende die eerste maand hoof van al die leëraanvoerders.
4. Dodai uit Agoag was in bevel van die afdeling vir die tweede maand. Sy afdeling se hoofaanvoerder was Miklot.
5. Benaja seun van die hoëpriester Jojada was die derde leëraanvoerder, vir die derde maand.
6. Hierdie Benaja was 'n sterk leier onder die dertig dapper manne van Dawid en in bevel van die dertig. Sy seun Ammisabad was na hom in bevel van die afdeling.
7. Die vierde, vir die vierde maand, was Asael broer van Joab en ná hom sy seun Sebadja.