1 Kronieke 2:28-30 Afrikaans 1983 (AFR83)

28. Onam se seuns was Sammai en Jada, en Sammai se seuns was Nadab en Abisur.

29. Die naam van Abisur se vrou was Abihajil, en sy het vir hom Agban en Molid in die wêreld gebring.

30. Die seuns van Nadab was Seled en Appajim, maar Seled het kinderloos gesterf.

1 Kronieke 2