1 Kronieke 2:11-19 Afrikaans 1983 (AFR83)

11. Nagson was die vader van Salmon, Salmon die vader van Boas,

12. Boas die vader van Obed, en Obed die vader van Isai.

13. Isai was die vader van Eliab sy oudste, Abinadab sy tweede seun, Samma sy derde,

14. Netanel sy vierde, Raddai sy vyfde,

15. Osem sy sesde en Dawid sy sewende seun.

16. Hulle susters was Seruja en Abigal. Seruja se drie seuns was Abisai, Joab en Asael.

17. Abigal was Amasa se ma en sy pa was Jeter die Ismaeliet.

18. Gesron se seun Kaleb was die pa van 'n dogter, Jeriot, by sy eerste vrou, Asuba. Jeser, Sobab en Ardon was ook haar seuns.

19. Na Asuba se dood het Kaleb met Efrata getrou, en sy het vir hom Gur in die wêreld gebring.

1 Kronieke 2