1 Kronieke 2:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Hier volg die name van die seuns van Israel: Ruben, Simeon, Levi, Juda, Issaskar, Sebulon,

2. Dan, Josef, Benjamin, Naftali, Gad en Aser.

3. Die seuns van Juda was Er, Onan en Sela, die drie wat vir hom gebore is uit sy Kanaänitiese vrou Bat-Sua. Er, Juda se oudste seun, het die Here mishaag en Hy het hom laat sterwe.

4. Juda se skoondogter Tamar het vir hom Peres en Serag in die wêreld gebring. Hy het dus altesaam vyf seuns gehad.

5. Die seuns van Peres was Gesron en Gamul,

1 Kronieke 2