1 Korintiërs 4:7-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. Wie maak jou so belangrik? En wat besit jy wat jy nie ontvang het nie? As jy dit dan ontvang het, waarom stel jy jou so aan asof jy dit nie ontvang het nie?

8. Julle het mos klaar alles wat julle begeer! Julle is al klaar ryk! Julle regeer al klaar soos konings! Ons nog nie. As julle tog maar werklik konings was, sodat ons saam met julle kon regeer.

9. Dit lyk vir my God het aan ons, die apostels, die laaste plek in die ry gegee asof ons mense is wat tot die dood in die arena veroordeel is. Ons het 'n skouspel geword vir die wêreld, vir engele sowel as vir mense.

10. Ons is dwaas ter wille van Christus, julle is verstandig in Christus;ons is swak, julle is sterk;julle geniet aansien, ons word verag.

1 Korintiërs 4