1 Korintiërs 2:12-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

12. Die Gees wat ons ontvang het, is nie die gees van die wêreld nie, maar die Gees wat van God kom. So weet ons wat God ons uit genade geskenk het.

13. Dit verkondig ons ook, nie met geleerde woorde wat die menslike wysheid ons leer nie, maar met woorde wat die Gees ons leer.So verklaar ons geestelike dinge aan mense wat die Gees het.

14. Die mens wat nie die Gees van God het nie, aanvaar nie die dinge van die Gees van God nie. Vir hom is dit onsin. Hy kan dit ook nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel moet word.

15. Die mens wat die Gees van God het, kan die waarde van alle dinge beoordeel, maar self kan hy deur geen mens beoordeel word nie.

16. Daar staan geskrywe:“Wie ken die gedagtes van die Here?Wie sal Hom raad gee?”Maar ons, ons het die Gees van Christus.

1 Korintiërs 2