1 Korintiërs 15:16-19 Afrikaans 1983 (AFR83)

16. As die dooies nie opgewek word nie, is Christus ook nie opgewek nie.

17. En as Christus nie opgewek is nie, is julle geloof waardeloos en is julle nog gevange in julle sondes.

18. Dan is ook dié wat in Christus gesterf het, verlore.

19. As ons net vir hierdie lewe ons hoop op Christus vestig, is ons die bejammerenswaardigste van alle mense.

1 Korintiërs 15