33. God is tog nie 'n God van wanorde nie, maar van orde en vrede.Soos in al die Christelike gemeentes
34. moet die vrouens ook in julle byeenkomste stilbly, want hulle word nie toegelaat om te praat nie. Hulle moet onderdanig wees, soos die wet ook sê.
35. As hulle iets te wete wil kom, moet hulle tuis hulle eie mans vra, want dit is lelik vir 'n vrou om in die erediens te praat.
36. Het die woord van God miskien van julle af uitgegaan? Of het dit julle alleen bereik?
37. Iemand wat dink dat hy 'n profeet is of 'n ander gawe van die Gees besit, moet erken dat wat ek aan julle skrywe, 'n bevel van die Here is.