5. Daarom het ek nou besluit om 'n tempel vir die Naam van die Here my God te bou. Dit sal die vervulling wees van die Here se belofte aan my pa toe die Here gesê het: ‘Jou seun wat Ek in jou plek sal laat regeer, hý sal 'n tempel vir my Naam bou.’
6. My versoek is nou dat u vir my sederhout op die Libanon laat kap. My eie arbeiders sal saam met u arbeiders werk. Ek sal ook aan u die loon betaal wat u vir u arbeiders vasstel, want soos u weet, het ons nie mense wat die houtkappery ken soos die Sidoniërs nie.”
7. Hiram was baie bly toe hy hierdie versoek van Salomo ontvang. Hy het uitgeroep: “Geloof sy die Here vandag, omdat Hy vir Dawid 'n wyse seun gegee het om koning te wees oor hierdie groot volk!”
8. Hiram het toe vir Salomo geantwoord: “Ek het u bestelling ontvang. Ek sal al die seder- en sipreshout lewer wat u wil hê.