1 Konings 21:9-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. Sy het geskryf:“Kondig 'n vasdag aan en laat Nabot heel voor in die vergadering sit.

10. Laat twee gewetelose manne teenoor hom sit en laat hulle teen hom getuig: ‘Jy het 'n vloek uitgespreek teen God en teen die koning.’ Vat hom dan uit en gooi hom met klippe dood.”

11. Die leiers en die ampsdraers in Nabot se stad het toe gedoen soos Isebel hulle beveel het in die briewe wat sy aan hulle gestuur het.

12. Hulle het 'n vasdag aangekondig en vir Nabot heel voor in die vergadering laat sit.

13. Toe kom sit daar twee gewetelose manne teenoor hom en hulle getuig teen Nabot in die vergadering en sê: “Nabot het 'n vloek uitgespreek teen God en teen die koning.”Daarop vat hulle vir Nabot uit die stad uit en gooi hom met klippe dood.

14. Hierna het hulle vir Isebel laat weet: “Nabot is met klippe doodgegooi.”

15. Toe Isebel hoor Nabot is doodgegooi, sê sy vir Agab: “Gaan vat nou die wingerd van Nabot die Jisreëliet, wat hy nie aan jou wou verkoop nie. Nabot leef nie meer nie, hy is dood.”

1 Konings 21