1 Konings 17:22-24 Afrikaans 1983 (AFR83)

22. Die Here het Elia se gebed verhoor: die lewe het teruggekom, die kind het gelewe.

23. Toe bring Elia die kind van die bokamer af ondertoe en gee hom vir sy ma en sê: “Kyk! Jou seuntjie leef!”

24. Die vrou sê toe vir Elia: “Nou weet ek dat u 'n man van God is, en dat wat die Here deur u sê, die waarheid is.”

1 Konings 17