Spreuke 6:25-28 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

25. Begeer haar skoonheid nie in jou hart nie, en laat sy jou nie vang met haar ooglede nie;

26. want vir ’n hoer verval ’n mens tot ’n stuk brood, en ’n ander se vrou maak jag op ’n kosbare lewe.

27. Kan iemand vuur in sy skoot dra sonder dat sy klere verbrand?

28. Of kan iemand op gloeiende kole loop sonder dat sy voete brandwonde kry?

Spreuke 6