10. sodat vreemdes hulle nie versadig met jou vermoë en jou moeitevolle arbeid in die huis van ’n uitlander kom nie
11. en jy uiteindelik moet steun as jou liggaam en jou vlees verteer is,
12. en moet sê: Hoe het ek die tug gehaat en my hart die kastyding versmaad,
13. en nie geluister na die stem van my onderwysers en geen gehoor gegee aan die wat my geleer het nie!
14. Amper was ek heeltemal in die ongeluk, in die vergadering en die gemeente.
15. Drink water uit jou eie reënbak en strome uit jou eie put.
16. Sal jou fonteine buitentoe oorstroom, waterstrome op die pleine?