Spreuke 28:25-28 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

25. Die hebsugtige verwek twis; maar hy wat op die Here vertrou, word verkwik.

26. Wie op sy eie hart vertrou, hy is ’n dwaas; maar hy wat in wysheid wandel, word gered.

27. Wie aan die arme gee, sal nie gebrek ly nie; maar hy wat sy oë toemaak, word swaar vervloek.

28. As die goddelose opkom, verberg die mens homself; maar as hulle omkom, word die regverdiges baie.

Spreuke 28