Spreuke 25:8-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. Gaan nie haastig uit om te twis nie; anders, wat sal jy ten slotte doen as jou naaste jou in die skande steek?

9. Verdedig jou saak teen jou naaste, maar openbaar ’n ander se geheim nie,

10. sodat een wat dit hoor, jou nie beskimp en jou slegte gerug nie ophou nie.

11. Goue appels op versierde silwerborde, so is ’n woord op sy tyd gespreek.

12. ’n Wyse bestraffer by ’n oor wat luister, is ’n goue ring en ’n goue sieraad.

Spreuke 25