Spreuke 23:25-29 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

25. Laat jou vader en jou moeder bly wees, en laat sy juig wat jou gebaar het.

26. My seun, gee my jou hart, en laat jou oë ’n welgevalle hê in my weë.

27. Want ’n hoer is ’n diep kuil, en ’n ontugtige vrou is ’n nou put.

28. Sy lê ook en loer soos ’n rower en vermeerder die ontroues onder die mensdom.

29. By wie is „Ag!”; by wie is „Wee my!”; by wie is getwis; by wie is geklaag; by wie is wonde sonder oorsaak; by wie is dofheid van oë?

Spreuke 23