Spreuke 21:5-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. Die planne van die vlytige is net tot voordeel, maar elkeen wat oorhaastig is, kom net tot gebrek.

6. Die verwerwing van skatte deur ’n valse tong is ’n verwaaide asem — dodelike valstrikke.

7. Die gewelddadigheid van die goddelose sleep hulle weg, want hulle weier om reg te doen.

8. Gekronkeld is die weg van ’n skuldige mens; maar die reine — sy handeling is reg.

Spreuke 21