Spreuke 20:6-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. Baie mense roem hulle eie welwillendheid, maar wie vind ’n betroubare man?

7. Wie in sy regskapenheid wandel as ’n regverdige — gelukkig is sy kinders ná hom.

8. ’n Koning wat op die regterstoel sit, wan met sy oë alles uit wat sleg is.

9. Wie kan sê: Ek het my hart suiwer gehou, ek is rein van my sonde?

10. Twee soorte gewig, twee soorte maat — hulle altwee is vir die Here ’n gruwel.

Spreuke 20