11. oorleg sal oor jou wag hou, verstand sal jou bewaak,
12. om jou te red van die weg van die slegte, van die mens wat valse dinge spreek;
13. van die wat die paaie van opregtheid verlaat om op weë van duisternis te wandel;
14. die wat hulle verheug in kwaaddoen, wat juig oor die valse streke van die slegte,
15. van wie die paaie verkeerd is, en wat afwyk in hulle spore;
16. om jou te red van die vreemde vrou, van die ontugtige wat met haar woorde vlei