Spreuke 18:22-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

22. Wie ’n vrou gevind het, het iets goeds gevind en ’n welgevalle van die Here verkry.

23. Die arme spreek smekinge, maar die ryke antwoord harde dinge.

24. ’n Man met baie vriende word geruïneer, maar daar is ’n vriend wat sterker aanhang as ’n broer.

Spreuke 18