Spreuke 16:29-32 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

29. ’n Man van geweld verlei sy naaste en lei hom op ’n weg wat nie goed is nie.

30. Hy wat sy oë toemaak om valsheid te bedink, wat sy lippe vasknyp, het die kwaad alreeds gedoen.

31. Grysheid is ’n sierlike kroon; dit word gevind op die weg van geregtigheid.

32. Die lankmoedige is beter as ’n held; en hy wat sy gees beheers, as een wat ’n stad inneem.

Spreuke 16