1. ’n SAGTE antwoord keer die grimmigheid af, maar ’n krenkende woord laat die toorn opkom.
2. Die tong van die wyse getuig van grondige kennis, maar die mond van die dwase laat sotheid uitborrel.
3. Op elke plek is die oë van die Here, en hulle beskou opmerksaam die slegtes en die goeies.
4. Sagtheid van tong is ’n lewensboom, maar valsheid daarin is verbreking in die gees.
5. Die sot verag die tug van sy vader, maar hy wat op die teregwysing ag gee, word wys.