17. Hy wat die waarheid spreek, vertel wat reg is; maar ’n valse getuie bedrog.
18. Daar is een wat onverskillig woorde uitspreek soos swaardsteke, maar die tong van die wyse is genesing.
19. ’n Betroubare lip bestaan vir altyd, maar ’n valse tong vir ’n oomblik.
20. Bedrog is in die hart van die wat onheil bewerk; maar die wat vrede aanraai, het vreugde.
21. Geen enkele onheil tref die regverdige nie, maar die goddelose is vol ongeluk.
22. Valse lippe is vir die Here ’n gruwel, maar Hy het ’n welbehae in die wat getrou handel.
23. ’n Skrander mens verberg sy kennis, maar die hart van die dwase roep hulle sotheid uit.
24. Die hand van die vlytiges sal heers, maar traagheid lei tot dwangarbeid.