Spreuke 11:22-28 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

22. ’n Goue ring in ’n vark se snuit, so is ’n vrou wat mooi is maar sonder beleid.

23. Die begeerte van die regverdiges is net ten goede, maar die hoop van die goddelose is ’n strafgerig van toorn.

24. Daar is een wat ruim uitdeel en nog meer kry, en een wat terughou meer as wat reg is, maar tot sy gebrek.

25. Die siel wat seën, word versadig; en hy wat laaf, word self ook gelaaf.

26. Hy wat koring terughou, hom vloek die mense; maar seëning kom op die hoof van hom wat koring verkoop.

27. Wie die goeie nastreef, soek wat welgevallig is; maar hy wat die kwaad soek, oor hom sal dit kom.

28. Wie op sy rykdom vertrou, dié sal val; maar die regverdiges sal soos blare uitspruit.

Spreuke 11