Spreuke 10:23-32 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

23. Dit is ’n vermaak vir ’n dwaas om ’n skandelike daad te doen, net so is wysheid vir ’n man van verstand.

24. Waar die goddelose bang voor is — dit kom oor hom; maar die begeerte van die regverdiges vervul Hy.

25. Wanneer ’n stormwind verbygaan, is die goddelose nie meer nie; maar die regverdige is vir ewig gegrondves.

26. Soos asyn vir die tande en soos rook vir die oë, so is die luiaard vir die wat hom stuur.

27. Die vrees van die Here vermeerder die dae, maar die jare van die goddelose word verkort.

28. Die verwagting van die regverdiges is vreugde, maar die hoop van die goddelose vergaan.

29. Die weg van die Here is vir die opregte ’n vesting, maar ’n ondergang vir die werkers van ongeregtigheid.

30. Die regverdige sal vir ewig nie wankel nie, maar die goddelose sal in die land nie bly woon nie.

31. Die mond van die regverdige laat wysheid uitspruit, maar die valse tong word uitgeroei.

32. Die lippe van die regverdige weet wat welgevallig is, maar die mond van die goddelose is pure valsheid.

Spreuke 10