12. laat ons hulle lewendig verslind soos die doderyk en die gesondes soos die wat in die kuil neerdaal;
13. allerhande kosbare goed sal ons vind, ons huise sal ons vol maak met buit;
14. jy sal jou lot onder ons werp, ons sal almal een beurs hê —
15. my seun, gaan nie met hulle saam op die weg nie, hou jou voet terug van hulle pad;
16. want hulle voete hardloop na die kwaad en haas hulle om bloed te vergiet;
17. want die net word tevergeefs uitgesprei voor die oë van allerhande voëls:
18. so loer hulle op hul eie bloed, hulle lê hulleself voor.
19. So gaan dit met almal wat onregverdige wins maak: dit ontneem sy besitter die lewe.