Sagaría 2:11-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. En baie nasies sal hulle in dié dag by die Here aansluit, en hulle sal My tot ’n volk wees; en Ek sal in jou midde woon. Dan sal jy weet dat die Here van die leërskare my na jou gestuur het.

12. En die Here sal besit neem van Juda as sy erfdeel op die heilige grond en Jerusalem weer verkies.

13. Swyg alle vlees voor die Here! Want Hy verhef Hom uit sy heilige woning.

Sagaría 2