10. En Ek sal hulle terugbring uit Egipteland en uit Assur hulle vergader en hulle na die land Gílead en die Líbanon bring; maar dit sal vir hulle nie voldoende wees nie.
11. En Hy sal deur die see van benoudheid trek en die golwe in die see slaan, en al die dieptes van die Nyl sal opdroog; ook sal die trotsheid van Assirië neergewerp word, en die septer van Egipteland wyk.
12. En Ek sal hulle sterk maak in die Here, en hulle sal in sy Naam wandel, spreek die Here.