Rut 3:10-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. En hy sê: Geseënd is jy deur die Here, my dogter! Jy het jou laaste liefde beter gemaak as die eerste, omdat jy nie agter jongmanne, arm of ryk, aan geloop het nie.

11. Wees dan nou nie bang nie, my dogter; alles wat jy sê, sal ek vir jou doen, want die hele stadspoort van my volk weet dat jy ’n deugsame vrou is.

12. Nou dan, dit is sekerlik waar dat ek die losser is, maar daar is nog ’n losser, nader as ek.

13. Bly vannag oor; en as hy jou môre wil los, goed, hy kan los; maar as hy nie lus het om jou te los nie, dan sal ék jou los, so waar as die Here leef! Bly lê tot môre.

Rut 3