1. OP dié dag het Debóra en Barak, die seun van Abinóam, gesing en gesê:
2. Omdat aanvoerders aangevoer het in Israel, omdat die volk hom gewillig getoon het — prys die Here!
3. Hoor, o konings! Luister, o vorste! Ek, tot eer van die Here wil ek sing, tot eer van die Here, die God van Israel, wil ek psalmsing.
4. Here, toe U uitgetrek het uit Seïr, toe U voortgestap het uit die veld van Edom, het die aarde gebeef, ook het die hemel gedrup, ook het die wolke water gedrup.
5. Berge het gewankel voor die aangesig van die Here uit, hierdie Sinai voor die aangesig van die Here, die God van Israel.