Rigters 3:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN dit is die nasies wat die Here laat oorbly het om Israel, almal wat al die oorloë van Kanaän nie geken het nie, deur hulle op die proef te stel —

2. net dat die geslagte van die kinders van Israel dit kan weet — om hulle te leer oorlog voer, ten minste die wat daar vroeër nie van geweet het nie:

3. vyf vorste van die Filistyne en al die Kanaäniete en Sidoniërs en Hewiete wat in die gebergte Líbanon gewoon het, van die berg Baäl-Hermon af tot by die ingang na Hamat.

4. Hulle was dan daar om deur hulle Israel op die proef te stel; om te weet of hulle na die gebooie van die Here wat Hy hulle vaders deur Moses beveel het, sou luister.

Rigters 3